BB se Optredes
Optredes om na uit te sien
Vrydag 20 Februarie 2009 - Koos Kombuis - Centurion teater:
Koos het vir BB genooi om as gaskunstenaar tydens sy vertoning daar op te tree.
Kom luister na haar engelse weergawe van "Lisa se klavier" en nog 'n liedjie of
twee asook na die gewilde Koos en sy vertolking van ou en nuwe gunstelinge.
Kaartjies beskikbaar by Computicket.
Woensdag 25 Februarie 2009 - Debuutalbum vrystelling - Centurion Teater:
BB se eerste album word uiteindelik vrygestel. Die album bestaan meestal uit
Afrikaanse liedjies en sluit 2 huldeblyke aan onderskeidelik Steve Hofmeyer en
Koos Kombuis in. Kom geniet die aand saam met ons en laat BB se kleurvolle lirieke
en unieke stem jou wegvoer op die reis van 'n leeftyd!
Kaartjies nou beskikbaar! Sien kontakblad vir besprekings.