Heita Allermooistes!!
Dis soms moeilik as jy ‘n waansinnig geesdriftige liedjieskrywer is, maar ’n ongretige sanger. Dit
beteken glad nie dat ek nie
alte graag sing nie – by die huis,
in die stort of in die motor voel
ek ook maar
soos ’n superster, maar dit vat moed
om voor mense
te sing!
Dis nou nie of ek
nie ’n noot
Uiteindelik het liedjieskryf ook bygekom – amper
asof dit die natuurlikste ding in die wêreld
was vir my. Hoe en waar bly ’n storie
vir ’n ander dag…
En so staan ek op die vooraand
van iets wat vir my voel soos
die geboorte van ’n nuwe baba. Behalwe dat
die duur van hierdie ‘swangerskap’ meer
met dié van ’n olifant s’n ooreenstem (wonder ek nou juis
hoe lank walvisse swanger
is?). Ja, ek stel uiteindelik
my cd vry! ’n Langverwagte droom wat by tye gedreig
het om
presies dit te bly: ’n droom.
Hoe meer
die droom werklikheid word,
hoe meer surreal voel dit by tye. Hoe meer mense terugvoer
gee oor my songs (ja, elke ma hou tog maar daarvan om
te hoor dat
haar baba die mooiste óóit is J
…) – hoe meer mense in die afgelope tyd na
afloop van ‘n optrede gevra het of ek
’n cd te koop het, hoe meer
gevra het waar en wanneer ek weer sing, of dat ek hulle
moet laat weet van my optrede – hoe meer my droom dus
werklikheid begin word het,
hoe meer het ek gevoel ek
moet myself knyp – gereeld en aanhoudend, want dit kan mos
nie??!!
Laat my dink aan die volgende:
God whispers in your soul and speaks to your mind.
Sometimes when you don’t have time to listen, He has to throw a brick at you to
get your attention. It’s your choice: listen to the whisper or wait for the
brick!!
Ek is al tóégegooi onder die bakstene!! En danksy bloed en vlees engele om my het
my onvermoë om in myself te glo soos mis
voor die son verdwyn – dis hulle wat
my toelaat om met my kop in
die wolke te sweef, maar my voete op die aarde hou. Dis hulle
wat verstaan dat my songs en dit wat ek daardeur
vir ander
wil sê en beteken vêr verwyderd
staan van blote
entertainment. Ja, ek wil entertain ook! Ek wil
jou saam met my laat lag ook. Maar
ek wil ook
saam met jou huil. Dis my manier
om aan
my lewe waarde te gee. Dis my bydrae. Hoe skraal en gering ookal, hoop ek bo alles, dat my (hierdie) manier jou met watter liedjie ookal, vir die duur daarvan
’n bietjie vreugde of plesier sal gee,
My werklikheid dus nou is: dat
my cd vrygestel word op 25 Februarie 2009. Feit is dat NIKS in die lewe toevallig gebeur nie. Voorbeeld: ek besluit dat
die 25ste Februarie na ’n goeie dag klink vir
my. Ek wik en weeg oor opsies
oor waar om dit te
hou en besluit ek sal die Centurion Teater nader (ek
was bevoorreg om verlede jaar daar
tydens ’n Koos Kombuis show my engelse weergawe van Lisa se klavier daar te sing en ek is gereeld daar
as toeskouer). Enige regdenkende (en ingeligte) mens weet dat
die teater vir weke en selfs maande
vooruit bespreek is deur al wat sanger, eenmanstuk en ensemblesis en jy dit nie sommer
net gou-gou vir jou eie gebruik
Vir die mense wat my toevou,
wat my aanspoor, wat my dra en koester,
wat dinge in die agtergrond sommer net laat gebeur, wat
hele berge versit terwyl ek
net aangedui het dat die spreekwoordelike molshopie vir my dalk soms ietwat
angsaanjaend en groterig voorkom (kaartjies, besprekings, lyste en lyste kontakpersone, posters, webblad, cd omslag
drukwerk, deurnagluister
van die cd, morele ondersteuning, “ons-weet-jy-kan’s”,
liaison, (het ek al omslag drukwerk genoem??) – ag sommer al die dinge wat my op gereelde basis laat hiperventileer – Helge, Krista, Jaco – ek wéét julle drie
‘doen nie’ die ‘spiritual’
ding soos ek nie, maar God se genade en liefde is nog nooit vir
my so konkreet in mensvorm verwesenlik, soos in julle nie. Ek
hoop ek
Vir almal wat my al gelukgewens het; die van julle wat die lang
pad ken wat ek al geloop het; vir
elkeen wat al navraag gedoen het; vir ieder
wat al ’n kaartjie bespreek het – vir elkeen wat
al gevra het vir die cd – en vir die wat dit
al bestel het nog voor julle
dit gehoor het: dankie, dankie,
duisend dankies!!
Nou is dit styf duimvas
hou van julle kant af.
Epos my gerus met behulp
van die vorm hier langsaan op die “Kontak” knoppie – of bel Krista op die nommer wat daar
aangebring is. Ek weet daar is nog
‘n paar kaartjies beskikbaar en sal julle so graag daar wil sien!
Die eerste oplaag CD’s sal daardie aand
ook beskikbaar wees.
Be
Blessed
Allermooistes!!
BBx