Moenie vir my ween

Moenie vir my ween 

Moenie oor my staan en ween
ek is ‘n duisend myl reeds heen
ek is die aandwind teen jou wang
ek is die druppel dou wat hang
ek is die sonlig op die gras
ek is, wat sal wees en wat was 

Ek is die stêr wat flikker snags
ek is die glimlag onverwags
ek is die traan in ieder oog
ek is die helder-kleur reënboog
ek is in gister en vandag
ek is en daarom sal ek wag  

Moenie oor my staan en ween
ek is ‘n duisend myl reeds heen
ek is in môre en eendag
ek is jou traan, jou huil, jou lag
ek is wat was en wat sal kom
ek is uiteind’lik hier by HOM!

. . . Nog Gedigte