‘n Kind van MY

“A Child Of Mine” – Edgar Guest
Vertaling - BBarrett 

“Ek leen vir jul ‘n kleine wyl
‘n kind van my,” sê HY.
“Om lief te hê terwyl sy/hy leef
tot Ek haar/hom weer kom kry.
Dit mag wees drie of dertig jaar
of twee of drie maal meer,
maar sal jul, totdat ek haar/hom roep,
haar/hom van die onheil weer?
Haar/Sy sjarme sal jul vreugde wees
en as sy/hy nie lank bly,
sal jul haar/sy nagedagtenis
as vredesboodskap kry
Ek waarborg nie hoe lank sy/hy bly,
want almal moet terugkeer,
maar daar’s lesse in die lewe
wat Ek wil hê dat sy/hy moet leer.
Ek’t oral oor die wêreld heen
na leermeesters gesoek
en van almal daar wat Ek kon seën
het Ek vir jul beroep.
Sal jul nou al jul liefde gee,
dit nie onnodig ag?
My ook nie haat wanneer Ek dan
haar/hom vroeër terugverwag? 

Ek was bly om hulle te hoor sê:
Vader, U wil geskied!
Vir al die vreugde wat sy/hy bring,
sal ons die hoof teen smart aanbied.
Ons sal haar/hom lei met sagmoed,
haar/hom liefhê wyl ons kan
en vir die vreugde wat ons ken
vir ewig dankbaar staan.
Maar as die engele haar/hom roep
veel gouer as beplan,
sal U ons help die seer verduur
en ons lei om te verstaan!? 

. . . Nog Gedigte