Vir Vanity


(Opgedra aan ‘n baie blonde rooikop!) 

By die toonbank aangemeld
tien sessies gou-gou geskeduleer
gewapen met ‘n bruinings-smelt
om haar lyfie mee te smeer. 

Van kop tot tone glansend goud
sê die waarborg vir diep blos
vly sy haarself neer - so effe stout
om haar van haar wit vel te help verlos. 

Daar lê dan nou ons bleek mevrou
en wag vir iets om te gebeur
Van agter brand - van voor die kou’
...die resultaat is te betreur... 

Na helfte van ‘n uurtjie om
klim sy maar effe tam’rig af
en vra (so ietwat vak’rig-dom)
“Is daar fout of is ek laf?,
en is daar dalk ‘n reël wat sê
- wanneer jy op ‘n sonbed lê -
dat die deksel van die hele kontrêpsie
tóé móét wees vir alom-bruin perfeksie??” 

Nou loop sy maagd’lik wit vooruit
en goue boude, pienke kuit!
(en die arme personneel van die salon
skud nou nog kop oor die ge-’tan’-de plafon...

. . . Nog Gedigte