Welkom in BB se winkel

Debuutalbum nou beskikbaar!



BB se debuutalbum in Afrikaans getiteld "Ek ken Jou" is vrygestel op 25 Februarie 2009 by die Centurion teater.

Die album bestaan uit 17 oorspronklike snitte waarvan een, "Lisa on the keys", in Engels is. Daar word voorsiening gemaak vir bykans elke smaak en die album bevat alles van huldeblyke tot ballades en lekker lawwe "sokkie" liedjies.

BB bemark haar CD self en dit is verkrygbaar by enige van haar vertonings of dit kan bestel word deur die nommer op die kontakblad te skakel.