KOMBUISTEE RAAISEL RYMPIES / KITCHEN TEA RHYME RIDDLES
Afdroograk Skitterblink staan ek gereed vir stelle eetgerei kompleet net die skoonstes kom na my die ander moet in die wasbak bly.
Blikkieskos (verpak dit in ‘n emmer/box of in ’n stel Addis of Tupper houers) Elkeen het sy eie jas Wat hom al te netjies pas En in ons lyfies ingeprop Heerlikheid - ietwat beknop. As jy ons baadjies sou verloor Sal jy ons koppies moet deurboor Gooi ons uit en besluit dan Wat jy met die inhoud wil aanvang.
Blikoopmaker Kners-knars breek ek maklik deur al in ‘n kring ontsnap die geur of net twee gaatjies teenoorgesteld maak van my ‘n drup-vry-held.
Botteloopmaker (Wyn) Drank van gode, glinstersap ek help jou om die vog te tap draai my flink al om en om (as ek my werk ordentlik doen) word julle sommer vinnig ‘dom’.
Botteloopmaker(Bier) Met ‘n knik van my koppie is dit weg met die doppie
Broodmes Stapelvoedsel van skoliere, kleuters met grondboontjie-giere Iemand moet dit voorberei en wie dink jy moet dit dalk sny?!
Eierspaan Wie was eerste? Die hoender of die hoenderhaan? Of dalk skep die eier die voortbestaan? Sonskynkant bo, omelet of geroer en dan kan jy nog deur my lyf ook loer...
Groenteskiller Twee lemmetjies loop parallel Ontklee heel rats ’n aartappel Wortels en patattas ook Voor jy weer sien – skoon kaalgestroop!
Knoffel-’crusher’ Sjoe, die geurtjie is verruklik Wanneer almal heel inskiklik Wel dieselfde dis bestel – Dis slakkekind se beste pêl!! Maar om die vruggie fyn te maak Moet jy juis teen die geure waak – Skil versigtig – druk dit styf Deur die ogies van my lyf – Smeer dit op ’n braaivleisbrood En kyk hoe vreet almal hul dood!!
Koffiebekers Ore wat nie luister monde wat nie fluister Bodems wat jy nie kan sien as jy ons vol geur bedien. Maak ons vol met boeretroos - sit ons voor - sommer pieringloos.
Melkbeker Lank gelede - nog voor ons tyd Moes ouma al vroegoggend uit En Miena-Moe se spene trek Nou is daar bottels in haar plek Maar ás jy dan nou tee bedien Wil niemand mos ‘n bottel sien?! Sit dus die vloeistof van ivoor Fatsoenlik fyntjies in my voor...
Opskeplepel(s) “Ek eet dit nie! Ek wil nie hê!!” Is wat ek elke kind hoor sê As oeste van die groenteboer In ‘n ruim hoop oor my randjie loer…
Rasper Honderd gaatjies Soos soldaatjies in ry en in kolom-gelid groente teen my wang gesit verander ek – sal jy kan raai? - sommer gou in ’n “Kentucky“-slaai!
Resepte (boekie) Woorde, Mates, Grade Voorskrif vir jou ‘kookkunsdade’ As jy dit stap vir stap nakom Slaan jy tot vir skoonma stom!
Skoonmaakmiddels (Verpak netjies in ’n plastiekmandjie, wasgoedmandjie of emmer – gooi ’n verestowwer, stoflap en spons by......) Tennis-elmboog kan jy Ook van hierdie ’sportsoort’ kry (alternatiewelik: ’werksaamheid’ of ’bedrywigheid’) Bottels en blikke vol towerkrag As jou huis na skoonheid smag.
Slaaitang/lepels Bokke-kos met kleur vermeng - Tamatie, uie en ’elkere dêng’ Vinkel en Koljander Die een is soos die ander Vat ons vas en skep die spul By jou hoofmaal - as jy wil – Jy kan jou ook deftig gedra En ’n aparte bordjie vra...
Soplepel Dikkes, dunnes, gekook tot perfeksie siekte-, winter-, troos-konneksie So verskaf ek net die regte porsie maar oppas! dat jy tog nie mors’ie!
Stoflap Sagte weefsel teen jou wang Sal ook trane op kan vang Maar op my beste is ek tuis Op ‘n stofspoor in die huis.
Uurglas Partytjie, piekniek of brêkfis-tyd Nooit meer raai as hy uit die pot moet uit Heel in sy dop, gehalveer of geskyf - Elke vrou wens soms sy’t my oulike lyf!!
Vadoek Glase stralend blink gevryf en messegoed poleer Borde, bekers, pot en pan se druppels afgeweer Vou my dubbeld as my maat ’Vatlap’ jou in die steek sou laat Skoonmaak, opvee, afdroog-trots Maar hou my net weg van babakots!!! (hahaha - skuus – konnie help nie!! ;o)
Vatlap(pe) – (het my ‘n rukkie ge’vat’ om uit te figure dis potholders!! – ai tog…die arme girl wat dit versoek het was omtrent geduldig!) Ouma had een goeie raad As hitte in die ergste graad Jou vingerpunte sou bedreig (En die pyn jou daarvan weerhou om te swyg) Sy’t altyd gesê: ”gryp vas jou oor“ Dit trek die brand uit (oor jy nie wil hoor!!), Maar mag ons dan eerder voorstel dat Ons in die bakproses jou hande se werk oor sal ‘vat’?!
Vergiettes (die Engelse noem dit ‘n strainer of colander – mens spoel pasta of groente daarin uit – jinne maar ek leer darem cool nuwe woorde elke dag!!) Flink word ek al rondgeskud Onder krane neergesit… Dankie tog my boep het gate (Ek hoef nie te leer hoe om te swem - ) Al bly ek leegtap, is my bate Juis dat ek nie die afvoer rem! Pasta, slaai en skoon spinasie Is my beste kwalifikasie!
…of in Engels (dishrack with separate utensil basket) Shining, sparkling, bright, you see is part of my individuality The cleanest dishes stacked up high so you can play until they’re dry. Allow me to introduce, as well, my smaller model - who’s quite swell; lets blade and ladle celebrate and fork join in the merry date.
Kitchen Wallclock Finely tuned to time your tasks and tell the same, when someone asks hands that move in perfect order circled with a silvery (replace with the frame’s colour) border.
Onion Chopper The tears you’ll cry on days to be will not for a moment be wasted on me, for every salad, soup and stew sliced or diced - I’ll be helping you.
Mugs (Cups & Saucers) Ears that cannot hear you bottoms that don’t fear you fill us up and hand a friend or addict of the substance’s blend: finely roasted beans served hot and then ask if they like it black… or not?! |