HOME
LYRICS
SONGS
PHOTOS
LINKS
PROFILE

 

 

UITNODIGINGS / DANKIE-SÊ VIR ’N OOIEVAARSTEE  

 

1.(Die versoek was vir ’n gediggie wat as ‚dankie-sê’- boekmerk vir elke gas gedruk sou kon word).

 

My Ooievaarstee

Ek is so bly dat jy hier is
Om mamma te verras!
Jul vier my koms – dit is gewis
Maar sy’s vandag die eregas!
Ek kan nie daar by julle wees
Ek is maar nog net klei -  
God gaan nog ’n rukkie besig wees
Om my vir my aankoms te berei.
Bederf gerus vir Ma vandag
En dankie vir al die geskenke!
Jul moet lekker kuier en lekker lag
en deel beslis al daardie wenke!
En wanneer ek uiteind’lik kom,
kom kuier asseblief tog weer -
Jy sal verbaas staan en verstom
Oor dié Wonderwerkie van die Heer! (of Skepping of Kunswerk)

 

2.(Uitnodiging na ’n ooivaarstee - Layla Isis Marais genoem word. (Isis is 'n Egiptiese naam wat beteken "Godin van Liefde")

 

Cindy en Nelson is voor God 'n span
En word nou geseën deur Sy groter plan
Wat God in liefde dus saamgevoeg
was vir hierdie paartjie tot nou genoeg
Wat God in liefde saam verbind
seën Hy nou spesiaal met 'n Layla-kind
Wat God in grootse trou omring
Gee ontstaan van die "Marais-gesin"

Graag nooi ons jou om ons gas te wees
Vir hierdie die 'Layla-aankoms-fees'
Bring dus gerus jou beste wense saam
En jou gebede wat ons s'n sal beaam
Laat die vreugdevure hemelhoog brand
as ons Layla-kind op engelvlerke kom land!