HOME
LYRICS
SONGS
PHOTOS
LINKS
PROFILE

 

 

VERJAARSDAG UITNODIGINGS & GEDIGTE

Jy mag met liefde enige een van onderstaande gebruik – vervang die name soos nodig en voila!!!

 

1.   (Die versoek was vir ’n uitnodiging na ’n moeder en ouma se 80ste geboortedagherdenking)

 

Derduisend jaar gelede
Toe God die aarde skep
Was Hy alreeds tevrede
Met Sy mensekind-konsep.

Die vrou was toe reeds spesiaal
Maar Hy sou deur die eeue heen
Sy skeppingskrag fenomenaal
Laat geld in juis dié een:

Sterk soos staal - en sag soos sy
Het Hy haar moeiteloos voorberei
Gevorm tot ’n meesterstuk
Haar liefderyk teen Hom vasgedruk
En sagkens met één asemteug
Haar voor- en nageslag verheug.

Ouma
Rina is al vir 80 jaar  
vir elke een van ons gespaar
As dank, dus, aan God vir hierdie vrou
Vir handel en wandel in weë getrou
Dien jou teenwoordigheid as grootste geskenk
As jy haar geboortedag saam sal (kom) herdenk.